top of page

Die mini-kerkhof is so lame, maar Talia glo vas dat al die kinders baie bang gaan word. Op die ou einde kon ons niks kry wat fladdder nie en sy en baron het besluit dat hulle maar agter die bossies sal uitloer en "Boe!"skree. Ek het liewer niks oor die plan gesê nie.
Lienka, Didi en Talia is al van kleuterskooldae af beste vriendinne. Saam is hulle die Glam-divas, ’n funky agentskap wat partytjies reël, fantastiese klere ontwerp en modewenke gee.
Daarom gryp hulle die kans aan toe iemand hulle vir ’n groot ontwerpkompetisie inskryf. Didi is oortuig hulle African Unicorn-ontwerpe gaan die beoordelaars se voete onder hulle uitslaan.

bottom of page